April 2026 Uitgawe 2

Mnyandu se lang reis na roem skyn by KZN-sporttoekennings

Written by Sihle Manda

Veerkragtigheid en Tafeltennisster Sthabile Mnyandu is as sportvrou van die jaar met 'n gestremdheid aangewys by die 2026 KwaZulu-Natalse jaarlikse sporttoekennings.deursettingsvermoë het die voortou geneem by die 2026 KwaZulu-Natal-sporttoekennings, toe tafeltennisster Sthabile Mnyandu ʼn deurbraakoorwinning gevier het – die hoogtepunt en slotsom van jare se vasberadenheid.

Die toekennings, wat onlangs by die Inkosi Albert Luthuli internasionale konvensiesentrum (Durban ICC) in Durban gehou is, het atlete en sportfigure van regoor die provinsie vereer. Mnyandu se triomf het uitgestaan as ʼn sterk herinnering aan die krag agter sportiewe sukses.

Mnyandu is aangewys as sportvrou van die jaar met ʼn gestremdheid, ʼn prestasie wat sy as diep emosioneel beskryf het na jare van nabyskote. By die toekenningsgeleentheid het sy bepeins oor die belangrikheid daarvan om uiteindelik die eer te ontvang nadat sy verskeie kere van tevore op die kortlys was.

“Ek was die afgelope drie jaar genomineer, maar ek het dit nog nooit gewen nie,” het Mnyandu gesê. “Hierdie oomblik is regtig spesiaal. Ek het baie mense om te bedank, van die nasionale raad vir tafeltennis tot KZN Table Tennis en eThekwini Table Tennis en my klub, Chesterville. Hulle het almal ʼn groot rol in my loopbaan gespeel. 

“Dit mag soos ʼn persoonlike prestasie lyk, maar is te danke aan vir almal wat my ondersteun het, insluitend my familie en my werkgewer. Dankie.”

Op sesjarige ouderdom in 2002 het Mnyandu se lewe dramaties verander toe sy omvattende, erge brandwonde opgedoen het tydens ʼn verwoestende veldbrand in Ndwedwe, noord van Durban. Die verpletterende voorval het gelei tot langdurige hospitalisasie, insluitend ʼn nege-maande-lange koma, gevolg deur ʼn lang en veeleisende herstelperiode.

Die toekenningsgeleentheid het atlete, administrateurs en vrywilligers van regoor KwaZulu-Natal bymekaar gebring, wat die provinsie se groeiende reputasie as ʼn sentrum vir sportuitnemendheid beklemtoon het.

Die adjunkminister van sport, kunste en kultuur, Peace Mabe, het alle wenners en genomineerdes gelukgewens en die belangrikheid van volgehoue belegging in sportontwikkelings- en erkenningsplatforms beklemtoon.

“KwaZulu-Natal het ʼn model van erkenning en ontwikkeling opgebou wat nou weerspieël word in die prestasies van sy atlete,” het Mabe gesê. 

“Dit is nie toevallig nie. Dit is die resultaat van doelbewuste beplanning, provinsiale leierskap en volgehoue belegging in sport. Dit is die standaard wat oor alle provinsies heen versterk moet word.”

Sy het bygevoeg dat erkenningsprogramme soos die KwaZulu-Natal-sporttoekennings ʼn belangrike rol speel in die versterking van die sportekostelsel en die ondersteuning van atleetontwikkeling. 

 

Ander noemenswaardige eerbewyse:

Die aand het ook verskeie ander toppresteerders gevier:

  • Sportman van die jaar: Zakithi Nene
  • Sportvrou van die jaar: Nonkululeko Mlaba
  • Junior sportman van die jaar: Connor Doig
  • Junior sportvrou van die jaar: Mbali Diphoko
  • Afrigter van die jaar: Precious Mthembu
Rural development
Share this page